Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL NUUS SONDAG 11 JANUARIE 2014.

Goeiemore en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga wat gelees word deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik). Die SARL saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar ‘n herleiding deur ZS0JPL. ‘n Potgooi is ook beskikbaar op die SARL webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die SARL se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. ‘n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

YASME TOEKENNING VIR UITNEMENDHEID

7 FEBRUARIE SARL@HOME

KONSEP WYSIGINGS VAN DIE RADIOREGULASIES

KOMPETISIES

Bly ingeskakel hiervoor en nog ander interessante nuus.


** Die Raad van Direkteure van die Yasme Stigting (www.yasme.org) het die ontvangers van die Yasme Uitnemendheid-toekennings vir 2014 aangekondig.
IARU Streek 1 is verheug om te verneem dat Lisa Leenders, PA2LS, die voorsitter van die Streek 1 Jeug Werkgroep en Florin-Cristian Predescu, YO9CNU, bekroon is met 'n Yasme Uitnemendheid toekenning vir hul werk in die organisering en die bevordering van Jongmense op die lug, of YOTA, en amateurradio jeug aktiwiteite.
Die Yasme Toekenning vir Uitnemendheid word aan individue toegeken wat deur hul eie diens, kreatiwiteit, moeite en toewyding, 'n belangrike bydrae tot amateurradio doen. Die bydrae kan wees in die vorm van erkenning van tegniese, operasionele of organisatoriese prestasie. Al drie is nodig vir amateurradio om te groei en floreer.

Die Yasme Stigting het `n bedrag van $ 5 000 toegeken aan die IARU Streek 1 ter ondersteuning van jeugaktiwiteite in amateurradio.

In 'n afsonderlike geval, het die Yasme Stigting $ 2 000 toegeken aan `n IARU Streek 1 Lid Vereniging, nl. die Egiptiese Radio-Amateur Vereniging vir Ontwikkeling, ter ondersteuning van sy aktiwiteite.

Die president van die IARU Streek 1, Don Beattie, G3BJ,het gesê hy is verheug oor die keuse en ondersteuning van YASME tov die IARU streek 1. Die toekoms van amateurradio is gesetel in ons vermoë om nuwe toetreders na amateurradio te lok , te betrek en te behou vir die toekoms. Terwyl die vordering van kommunikasietegnologie deur sekere mense bevraagteken word asook oor wat "tradisionele amateurradio” is, is ons van mening dat daar baie interessanthede is om vandag se jeug na amateurradio te lok. Met Yasme se finansiële ondersteuning, sal ons in staat wees om met meer energie te werk om ons lidverenigings te help om te fokus op die werwing van nuwe lede.


** Die eerste SARL@HOME vind plaas op 7 Februarie. Twee aanbiedings sal gedoen word. Frik Wolf ZS6FZ se aanbieding behels hoe om oppervlakte komponente te soldeer. Om jou nuut gevonde kennis te toets word `n klein projek gebou. Koste vir die werkswinkel is R150 vir SARL lede en R300 vir nie lede. `n etskring , komponente en `n laserskyf met aanwysings en ander inligting word ingesluit. Die werkswinkel begin om 8:30 en volledige inligting is op die SARL webblad beskikbaar.

Die tweede aanbieding begin om 14:00. Dit behels `n bespreking van WSPR. Kom leer meer oor die SARL se interessante 5MHz voortplantings navorsingsprojek. Dit word aangebied deur Stuart Moss ZS6SGM en Hans van de Groenendal ZS6AKV.


** Die tyd raak nou min om kommentaar te lewer op die konsepradioregulasies wat teen die einde van verlede jaar deur OKOSA gepubliseer is.

Van die kwessies wat ‘n impak op amateur radio sal hê is die verhoging van krag op sekere bande en die beperking van die ouderdom van ZU lisensie houers tot persone onder 25. Dit sal beteken dat wanneer 'n ZU lisensiehouer die ouderdom van 25 jaar bereik, die lisensie gekanselleer sal word. Wysigings word ook aangebring aan wie mag inbesit wees van deur lopende instem ontvangers bo 30MHz.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga gaan die konsep-wysigings bestudeer en nooi radioamateurs om dieselfde te doen. Stuur asb jou kommentaar aan sarlregwg@sarl.org.za teen15 Januarie 2015vir oorweging deur dieLiga se Raad vir die finalisering van die Suid-Afrikaanse Radioligakommentaar aan OKOSA.

Die SARL Regelatoriese werkgroep sal kort na 15 Januarie bymekaar kom om al die voorstelle te bestudeer , en `n aanbeveling maak aan die SARL raad wat op 22 Januarie vergader vir verder hantering.


Jy luister na `n nuusbulletin van die Suid –Afrikaanse radioliga wat gelees word deur .....................


** Van 12 tot 18 Januarie sal ZS90SARL bedryf word deur Mike Stokes ZS6AI vanuit Kempton park. ARTODAY saai ook vanaf 18 Februarie ‘n programreeks oor die vroeë geskeidenis van amateurradio in Suid-Afrika uit. Hierdie reeks sal ook as potgooi beskikbaar wees.


** Die eerste sessie van diePEARS BHF/UHF kompetisie sal op Vrydag 16 Januarie om 18:00 begin en om 16:00 op Saterdag 17 Januarie eindig. Die tweede sessie neem onmiddelik daarna in aanvang op Saterdag 17 Januarie om 16:00 en eindig op Sondag 18 Januarie om 14:00.

Gedurende die dag is landwye tropovoortplanting moontlik. wat goeie resultate kan lewer rondom sonop en sononder op 50 MHz, 144MHz, 432 MHz en 1296MHz.

Die voorkeur band vir die aand is 144MHz wat langafstand kontakte dmv. Tropo-geuting kan inhou. Hou jou ore en oë oop vir die, 50MHz, tussen 12:00 en 14:00. Daar is `n goeie kans vir sterk sporadies-E DX openinge van Namibië en Zimbabwe waar amateurs alreeds ingelig is oor die Es toestande.

Alle tye is in Suid Afrikaanse standaard tyd.

Verskeie pryse kan gewen word. Die pryse sal direk deur die borge aan die verskillende divisiewenners oorhandig word.

Die verskillende divisieborge is asvolg:- Divisie 1 en 4 wag nog op borge. Divisie 2 – Rory Norton ZS2BL borg `n 2 meter / 70 cm Yagi rigstraler antenna. Divisie 5 , Highway Radio-amateurklub borg `n 2 meter 70 cm rigstraler. Willem Badenhorst ZS6WAB van divisie 6 borg ook `n 2 meter /70 cm rigstraler antenna.

Die eerste en tweede plekke in die afdeling sal boonop beloon word met `n sertifikaat. Sertifikate sal per e/pos aangestuur word namens PEARS deur Mike Bosch, ZS2FM.

** Pieter Jacobs V51PJ het laat weet dat hy aktief sal wees van sy ruitverwysing JG82IE in Rosh Pinah Namibië op 50, 70 en 144MHz gedurende die PEARS BHF/UHF kompetisie. Hy sal op die 3 bande `n 9 element M2 YAGI, 6 element YAGI en `n 10 element YAGI, almal horisontal gebruik. Kyk uit vanaf 12:00 vir Pieter met sy DX stasie.

Mike Kellet ZS1TF het vanuit Kaapstad bevestig dat hy ook gedurende die PEARS kompetisie op 144 MHz en 432MHz ESB horizontaal gepolariseer aktief sal wees.


** Die QRP kompetisies se doel is om pret aktiwiteite op QRP werking tussen radio amateurs te bevorder. Die gebruik van self-geboude toerusting en om operasioneel as `n draagbare- of veld stasie word sterk aangemoedig maar is nie 'n vereiste nié.

Die Somer QRP Kompetisie vind plaas op Saterdag 24 Januarie van 12:00 tot 15:00 UTC met ESB en gelykgolfwerking met maksimum 5 watt uitset. 'n Stasie kan een keer per band en modus gewerk word en daar is geen antenna beperkings nie.

Die eerste uur is beperk tot 40 m, die oorblywende twee uur kan enige HF band gebruik word, WARC uitgesluit. Let asseblief op die kompetisie-voorkeur segmente, soos uiteengesit in die algemene reëls. Dit sal voordelig wees om die standaard QRP roep frekwensies te gebruik as 'n beginpunt.

Uitruiling is 'n RS of RST verslag en jou ruitverwysing. Oorweeg asseblief die uitruil van realistiese sein verslae en gebruik die 6-karakter ruitverwysing. Elke kontak tel 1 punt, elke Suid-Afrikaanse roep gebied tel as 'n vermenigvuldiger en elke DXCC land gewerk tel as 'n vermenigvuldiger.

Logs moet teen 31 Januarie aan contest@sarl.org.za gestuur word. Dui aan of die operateur 'n jong man of dame is en 'n foto/s van die stasie in werking MOET elke log inskrywing vergesel. Vind die volledige reëls in die 2015 Blouboek.


** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
John A Nilsen, LA4QAA;
Barend Leendertz, ZSL1129;
Edward Hepher,ZSL1130.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1600 plus 35 geaffilieerde klubs


** In die Desember uitgawe van die SARL nuusbrief is ‘n uitnodiging om mede SARL lede aan te beveel vir `n toekenning. Die sluitingsdatum hiervoor is 31 Januarie 2015. Inligting is beskikbaar onder die lede aleen deel van die SARL webblad.


** Die SARL se Toekenningsbestuurder, Tjerk Lammers ZS6P, het laat weet dat hy nog 'n aansoek vir 'n verskeidenheid van Worked All ZS-endossemente van Jan Botha ZS4JAN ontvang het.

Worked All ZS 1500 op Gemengde modusse, WAZS-1400 op Enkelsyband, WAZS-1300 op 40 m, WAZS-700 op 80 m and WAZS-200 op AM is aan Jan toegeken.

Jan oorheers steeds die toneel met tellings ten minste dubbel díe van sy naaste mededinger.

Worked All ZS is 'n aansporing om mede-Suid-Afrikaners te kontak. Die meerderheid van die nodige bevestigings kan moeiteloos deur die SA-QSL-stelsel op die SARL se Webwerf ingesamel word.

** ZS9YOTA Klubdeelname stel uiters teleur te midde van groot aktiwiteit. Dankie en geluk aan die volgende jong radio-amateurs wat die Suid-Afrikaanse vlag laat wapper het gedurende die aktiwiteit.

Karel Bezuidenhout ZR6K werk PSK31 / RTTY op 10 van Polokwane met 176 kontakte. Mitchel Mynhardt ZS6YH en sy suster Melinda ZU6MM werk 10 meter
ESB met 122 kontakte . Koos Fick ZR6KF maak 144 kontakte op 10 & 20 meter ESB en Brian Jones ZR6V van Polokwane maak 37 kontakte op 10 meter ESB.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees. Kwynende Sonvlek AR2253 het 'n "beta-gamma" magneetveld en huisves genoeg energie vir M-klas sonfakkels.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 105.
Amateurs kan goeie openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


15 Januarie - Sperdatum vir die indien van kommentaar oor die gewysigde radioregulasies
12 tot 18 Januarie - ZS90SARL op die lug vanaf Kemptonpark
16 & 17 - Januarie PEARS BHF / UHF kompetisie.
24 Januarie - QRP kompetisie
31 Januarie – finale dag vir aanbeveling van toekennings vir SARL lede.

Om die nuusbulletin mee af te sluit, net weer `n terugblik op ons hoofnuusberig.

Die Raad van Direkteure van die Yasme Stigting het die ontvangers van die Yasme Uitnemendheid-toekennings vir 2014 aangekondig. Die Yasme Uitnemendheid toekenning eer jongmense vir hul werk in die organisering en die bevordering van Jongmense op die lug, of YOTA, asook ander amateurradio jeug aktiwiteite.

** Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

** Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz .
'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies word regoor Suid-Afrika uitgesaai.
'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4895 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.
Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte indien moontlik , in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na ‘n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga , saamgestel is deur Johann du Plessis ZS6PSS en geredigeer is deur Dawie Conradie ZR6DHC.

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou `n mooiweek toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003